(placeholder)
(placeholder)
(placeholder)
(placeholder)
(placeholder)

Lemara Game Breeders history


Piet se liefde vir wild het begin met die aankoop van sy eerste Livingstone Elande vyftien jaar gelede waarna hy gestreef het om die perfekte Livingstone Eland te teel. Aanteel van sy Livingstone Elande is oor die hele Suid-Afrika versprei.


Na 32 jaar as saaiboer in Hoedspruit het Piet sy mielieplaas verkoop en daardeur was hy instaat om al sy tyd in wild te bele. Al die wild aankope in die vroee jare was deur die saai boerdery befonds.


Die eerste Swartwitpenskoeie is ook in hierdie tyd gekoop by verskillende telers. Piet het toe reeds Zambiese bulle by Sable Ranch aangekoop en met kruisteling begin. Mettertyd is teelbulle aangekoop by Piet Warren en Thaba Tholo. Die kudde bestaan tans uit 90 vroulike diere.  Streng seleksie word voortdurend toegepas om die kudde te verbeter. 


Die buffelkudde bestaan tans uit 60 vroulike Krugerbloedlyn diere waarvan die hoofteelbul ‘n 49” Kruger Buffel is afkomstig van Dr. Hein Muller.  


Piet spesialiseer dan ook  in die volgende spesies:  Swart Rooibokke, Swartrug Rooibokke, Njala,  GoueWildebees, Bastergemsbokke en Kudus.


In 2004 is Piet aangewys deur WRSA as Wildboer van die jaar.


Die boerdery sou nie ‘n sukses kon wees sonder genade van Bo en n lojale werks span nie.